Wat is die voordele van Cat’s Claw (katteklou) in Immunadue?

Cat’s Claw, of die katteklouranker soos dit in Afrikaans bekendstaan, is anti-viraal, anti- inflammatories, anti-mutagenies asook ‘n baie sterk antioksidant.

Hierdie bestanddeel in Immunadue is anti-mutagenies is die spoed waarteen mutasie plaasvind, m.a.w. hoe vinnig beskadigde selle vermenigvuldig en versprei. Dit is een van die redes waarom die effektiwiteit van katteklou op kanker getoets is.

Ander kwale waarvoor katteklou effektief getoets is, is onder andere : artritis, allergie, asma, diabetes, chroniese moegheid, virale infeksies, maagswere, aambeie en hulp met die herstel van DNA.

Daar is verskeie studies gedoen om die effektiwiteit van katteklou op artritis en rumatoïede artritis te ondersoek. In ‘n 2001-studie is mense wat sukkel met osteoartritis in hul knieë, vir 4 weke met 100mg katteklou behandel. Na slegs een week het die pyn wat met gewone beweging van die knie gepaard gaan, drasties afgeneem.

Immunadue bevat 100mg katteklou per kapsule – die presiese hoeveelheid wat die toetsgroep waarna hierbo verwys is, ingeneem het op ‘n daaglikse basis. Die voorgestelde Immunadue dosis is een kapsule 3x per dag.

Verder is daar ook studies gedoen om te bepaal of katteklou jou DNA kan herstel kort na chemoterapie. Daar is bevind dat die middel nie net help met die herstel van jou DNA nie, maar ook om die proses van herstel te versnel en ook jou witbloedtelling vinniger te lig.

In 2001 is ‘n studie gedoen om die uitwerking van katteklou te toets op volwassenes wat vroeër chemoterapie gekry het. Hierdie toets wou spesifiek kyk of daar steeds herstel kon kom indien mense baie lank terug die chemoterapie ontvang het. Met hierdie 8-week studie het een groep deelnemers 250mg katteklou per dag gekry en ‘n ander groep deelnemers ‘n placebo. Die uitslae was fantasties: daar was ‘n drastiese afname in beskadigde DNA en groot verbetering in die tydperk van herstel van die DNA teenoor die placebo toetsgroep.

Katteklou help ook met die bekamping van verkoue en ander virale infeksies, en is ook baie effektief teen die herpes virus. Die herpes virus is die voorlooper van koorsblare en maagswere. Hierdie virus is dormant in jou liggaam, en die oomblik wat jou immuunsisteem verswak, tree die virus in werking. Voorbeelde van ‘n verswakte immuunisteem is agv baie spanning of wanneer jy ‘n siekte onder lede het.

Die effektiwiteit van katteklou op die herpes virus is in 2011 in ‘n kliniese studie getoets. Omdat katteklou Oksindoolalkenoïede bevat, wat in samewerking met polifenole die herpes virus eerstens keer om te versprei, tweedens keer om te vermeerder en derderns vernietig, is die studie as baie suksesvol beskou.

Verder kan katteklou ook jou bloeddruk verbeter, deur die vorming van plaak in die are te keer, en so te verseker dat bloed vrylik in die are, hart en brein kan beweeg. Katteklou bevat ook hirsutine, wat optree as kalsiumblokker in spesifiek die hart- en bloedvate. Dit is baie belangrik, want kalsiumblokkers se doel is om te keer dat kalsium in die selle van die hart en die bloedvate inbeweeg. Dit ontspan en vergroot ook die bloedvate, wat lei tot gesonde en egalige bloedvloei.

Laastens is katteklou ook ‘n immuunstimulant wat jou ook help met meeste verteringsprobleme. Dit word selfs aanbeveel vir mense met Crohn’s siekte.

Immunadue is beskikbaar by alle apteke, Dis-Chem, Clicks, gesondheidswinkels en Takealot. Vra net vir die “een met die pers prop!”

error: Content is protected !!

This website uses cookies to improve your experience. We’ll assume you’re ok with this, but you can opt-out if you wish.