Wat is die verskil tussen ‘n natuurlike en ‘n chemiese multivitamien en –mineraal?

‘n Natuurlike multivitamien en multimineraal word deur jou liggaam as voedsel gesien, daarom is die opname daarvan soveel beter – dit kom dan ook in die verhouding voor soos wat die natuur dit aan ons beskikbaar sou stel. Jy sal byvoorbeeld sien dat jou uriene baie minder geel is wanneer jy ‘n natuurlike produk gebruik, as wanneer jy ‘n chemiese multivitamien neem. Jou liggaam neem soveel meer van die natuurlike produk op, en skei dus baie minder uit deur jou uriene. Indien jy na baie van die chemiese multivitamiene se etikette kyk, sal jy sien dat die produk tot 1000% RDA van sekere vitamienes bevat. Dis 10 keer meer as wat jou liggaam nodig het. Jou liggaam gaan wel baie van hierdie oortollige vitamiene uitskei, maar dit plaas onnodige druk op jou niere – dit kan lei tot nierstene en ‘n abnormale bloeddruk – dit alles omdat jou niere nie nou optimaal kan funksioneer nie, maar moet fokus om van die oortollige vitamiene ontslae te raak.

This website uses cookies to improve your experience. We’ll assume you’re ok with this, but you can opt-out if you wish.