Radio: Wimpie van Bosveld Stereo gesels met Schalk van Immunadue oor diabetes

Kliek op “listen in browser” en dan op die PLAY knoppie. Die bewoording van die onderhoud verskyn onder die “sound cloud”, indien jy dit wil volg terwyl jy luister.

Hier volg die inhoud van die "sound clip" in teks formaat ook:

WIMPIE:  Weer terug saam met Schalk van Immunadue vanoggend op die telefoon lyn.  Welkom terug Schalk.  Hoe gaan dit vanoggend?

SCHALK:  Nee, wonderlik dankie en daar by julle, Wimpie?

WIMPIE:  Ook goed, ons het geen klagtes nie, dankie Schalk.  Ek en jy het onlangs of in die verlede nou al gesels oor hoe Immunadue jou kan help om jou verlaagde PH vlak te balanseer en te normaliseer.  Nou wil ek jou graag vra, waaroor gaan ons vandag gesels?

SCHALK:  Ja, kom ons praat bietjie oor die groot kwale wat ontstaan weens die feit dat my PH vlak te laag is, met ander woorde, onder 7.35.

WIMPIE:  Ek onthou jy het voorheen… het ons gesels oor die, wat jy genoem het die epidemie van ons tyd, diabetes?

SCHALK:  Ja, laas toe ons gepraat het oor diabetes was die wêreldwye syfer, dis nou in 2012 se syfer, drie honderd miljoen mense het aan diabetes gely.  Die nuutste syfers 2014, wys dat vier honderd twee en twintig miljoen mense aan die twee tipes diabetes lei.

WIMPIE:  Jis, ongelooflik.  Met ander woorde, as ‘n ou vat in twee jaar se tyd het hierdie syfers met honderd twee en twintig miljoen gestyg en dis veertig persent in net twee jaar.  So Schalk, wat is van die simptome waarvoor ek dan moet dophou vir diabetes?

SCHALK:  Wel, as jy reg eet en oefen en jy sukkel steeds om gewig te verloor, as jy permanent dors bly, as jy te veel urineer, as jou gesig of jou sig party keer dof raak met ander woorde, jou visie gaan af, as jy gereeld moeg is of konsentrasie probleme het, gereeld infeksies kry of wonde wat te lank vat om gesond te word.  As jy soos die Engels man sê, needles en pins in jou vingerpunte kry en in jou voete, dis maar net ʼn paar wat ons kan noem.

WIMPIE:  Goed, dan ons weet ook nou al teen die tyd daar’s twee tipes diabetes.  Verduidelik vir ons gou die verskil tussen die twee.

SCHALK:  Ja, daar’s twee en dan’s daar ʼn unieke een.  Daar’s met ander woorde, drie.  Eerste een is Tipe 2 diabetes.  Hier maak my liggaam nie genoeg insulien nie of my insulien reseptore reageer nie meer so goed op die insulien nie.  Dan die tweede een is Tipe 1.  Dis waar my beta-selle in my pankreas nie meer genoeg insulien vervaardig nie en is ek afhanklik van insulien inspuitings en dan die derde tipe is daai swangerskap diabetes wat jou diabetes weer normaliseer sodra jy geboorte geskenk het.

WIMPIE:  Goed so.  Drie tipes diabetes maar wat is dit eintlik?  Wat is diabetes en wat kan jy sê… wat kan ʼn ou sê veroorsaak dit?

SCHALK:  Ja, in my pankreas is daar beta-selle wat die insulien vervaardag.  Nou die insulien is die buffer wat nodig is sodat glukose in beweeg om hulle duisende funksies te verrig.  Nou, sonder insulien bly glukose in my bloed en kan geen prosesse afskop nie.  Dis soos ʼn kar wat sonder petrol sit.

WIMPIE:  Met ander woorde, enige wanproduksie of opname van insulien lei dan tot diabetes, is ek reg?

SCHALK:  Jy’s honderd persent reg.  Nou, die wanbalans word bewerkstellig deur een aan die een kant, die beta-selle in my pankreas word afgebreek en daardeur word my insulien produksie verswak.  En aan die ander kant, die insulien reseptore wat die selle laat oopgaan, se reaksie word verswak.

WIMPIE:  So, dit verwys nou na die verswakte insulien produksie as gevolg van ʼn verlaagde PH vlak soos wat ons in die verlede genoem het toe ons oor die PH vlak gesels het.

SCHALK:  Presies.  Nou, eerstens word my beta-selle afgebreek deur virusse en bakteria omdat my waenhuisdeur oopgelos is vir virusse as gevolg van ʼn suurstof tekort, omdat my PH vlak te laag is.  Nou, Immunadue is ʼn immuunstimulant met Aloe-Vera in om so die bakterië en die virusse vinniger uit te skei en so my beta-selle te beskerm dat hulle genoeg insulien kan vervaardig.  Maar Immunadue help my ook om my PH vlak te normaliseer sodat hierdie bose kringloop nie afskop nie. 

En dan aan die ander kant, van die diabetes probleem is die reseptore wat moet reageer op insulien en so die selle moet oopsluit sodat die glukose in die selle kan inbeweeg, word oneffektief en reageer nie meer so skerp op die insulien nie.  Nou, die reseptore word aangewakker met Immunadue, omdat meeste van die aminosure wat nodig is om hierdie reseptore te laat reageer op die insulien en so uit die bloed vrygestel kan word, is teenwoordig in Immunadue. 

Nou, in kliniese studies is kankerbossie, dis een van die hoofbestanddele in Immunadue, getoets vir diabetes Tipe 2 teenoor ʼn chemiese medikasie.  Nou, 800mg Kankerbossie en 200mg chloorpropramiet is getoets.  Uit die uitslae toon dat Kankerbossie… die Kankerbossie groep se glukose vlakke 26% beter was as die chemiese groep.  Met ander woorde, dit bewys dat daar 26% meer glukose in my selle inbeweeg het om die funksies te kan verrig as wat met die chemiese produk gebeur het.  En wat baie belangrik is, die Kankerbossie groep se suiker vlakke was vir vier ure langer normaal en stabiel.

WIMPIE:  So, buiten dan dat Immunadue nou vir jou help om jou PH vlak te normaliseer daardeur help om die bose kringloop van diabetes te stop in sy spore, dan het Immunadue ook Kankerbossie en wat jy genoem het klinies bewys is om die Tipe 2 diabetes teë te werk en dan ook nog Aloe Vera wat virusse en bakteria vinnig uit die liggaam verwyder sou hulle dalk inkom, om so die beta-selle se beskadiging te verminder en dan ook my insulien produksie op par te hou, reg?

SCHALK:  Presies.  En dan sal mense wat oorgewig is as gevolg van suur-opbou in my vet-selle soos ons ʼn paar weke terug gesê het, en ons weet dat die mense op diabetes sukkel altyd vreeslik om gewig te verloor, kan dus by Immunadue baat vind.  Want eerstens, kan hulle, hulle PH vlak normaliseer, sou die opbou van vet vir die beskerming van organe is dan onnodig en sal die insulien produksie en die reseptore resepsie van die insulien normaliseer.

WIMPIE:  Goed Schalk, ons moet al weer vir jou totsiens sê maar voor ons dit doen, vir oulaas vertel gou vir ons net weer die kompetisie besonderhede?

SCHALK:  Ja, Wimpie, kompetisie soos gewoonlik elke einde van die maand.  Mense skryf in deur ʼn honderd botteltjies Immunadue te koop.  In die botteltjie is daar ʼn unieke kode.  Daai kode word ge-SMS na die nommer 43366 soos volg:  eerste woordjie is health, daarna bos, vir Bosveld Stereo en dan die unieke kode en dan’s hulle ingeskryf en dan moet jy hulle net bel.

WIMPIE:  En dan waar kan mense jou kontak om meer uit te vind oor Immunadue?

SCHALK:  Wimpie, hulle is meer as welkom om my op die kantoor lyn te kontak.  Ons kantoor is 012 546 8937.

WIMPIE:  Daarsy goed, ek herhaal gou weer die nommer, 012 546 8937.  Skakel gerus vir Schalk dan in kantoorure.  Schalk, weereens baie insigewend, lekker gewees om met jou te gesels en ons sien weer uit na die praatjies wat oppad is en sterkte vir jou en jou span daar vir die dag.  Dan gesels ons weer vorentoe.  Goed gaan.

SCHALK:  Dankie, vir julle daar by Bosveld ook Wimpie, mooi dag.

WIMPIE:  Dankie Schalk, lekker dag, tata.

This website uses cookies to improve your experience. We’ll assume you’re ok with this, but you can opt-out if you wish.