Die menslike skelet is ’n lewendige organisme waarin beenmodulering en -hermodulering deurlopend plaasvind. As iemand byvoorbeeld skielik bedlêend raak, word been van die bokant hermoduleer om aan die onderkant weer opgebou te word, omdat daar nou skielik meer gewig gedra moet word. Hierdie proses in ons liggame vind met behulp van osteoklast- en osteoblastselle plaas.
Been word afgebreek deur osteoklastselle wat oor die been beweeg en die beenoppervlak oplos – soortgelyk aan ’n Kreepy Krauly wat oor die bodem van ’n swembad beweeg.
Die osteoklastselle stel dan kalsium, magnesium en kollageen vry, wat weer deur osteoblastselle gebruik word om nuwe been te vorm.
Wanneer jou liggaam se pH-vlak te laag is, met ander woorde te suur, sal jou liggaam van daardie kalsium wat deur die osteoklastselle vrygestel is, gebruik om jou pH-vlak te probeer balanseer. Indien byvoorbeeld 100 g been deur die osteoklastselle afgebreek word, en jou liggaam gebruik kalsium vanuit daardie been om die pH-vlak mee te balanseer, het die osteoblastselle net 80 g oor om die nuwe been mee te vorm. Hierdie proses is die voorloper van osteoporose.
Soms word te veel kalsium onttrek, en daardie kalsium word dan op verskeie plekke in jou liggaam gestoor, byvoorbeeld in jou hande, tone, gewrigte, ens. Hierdie proses is die voorloper van artritis.
Alle siektes het dus ’n oorsaak (of bron) en simptome.
Die oorsaak is die begin van ’n bose kringloop wat gewoonlik tot simptome lei. Dit kan vinniger en makliker wees om net die simptome te behandel, maar jy sal nooit blywende resultate kry as die oorsaak steeds teenwoordig is nie.
Voordat ons na die behandeling van siektes soos artritis en osteoporose kyk, is dit belangrik om die verskil tussen hierdie siektes of kwale te verstaan.
Wat is artritis?
Dit is ontsteking van een of meer gewrigte, wat pyn en styfheid veroorsaak – simptome wat met ouer word kan vererger. Verskillende soorte artritis kom voor, elk met verskillende oorsake.
Wat is rumatoïede artritis?
Met rumatoïede artritis val die liggaam se immuunstelsel sy eie weefsel aan, insluitend die weefsel in die gewrigte. In ernstige gevalle val dit selfs organe aan. Rumatoïede artritis beïnvloed die voering van gewrigte, wat pynlike swelling veroorsaak. Die inflammasie wat met rumatoïede artritis gepaard gaan, kan oor ’n lang tyd been-erosie en die misvorming van gewrigte veroorsaak.
Wat is osteoartritis?
Dit is ’n soort artritis wat voorkom wanneer die buigbare weefsel aan die punte van die bene (kraakbeen), beskadig word. Die beskadiging van hierdie beskermende weefsel vind geleidelik plaas en vererger mettertyd. Gewrigspyn in die hande, nek, lae rug, knieë of heupe is die algemeenste simptome.
Wat is osteoporose?
Dit is ’n siektetoestand waar die bene swak en bros word vanweë weefselverlies, gewoonlik vanweë hormonale veranderings of ’n tekort aan kalsium of vitamien D.
Verskillende siektes en kwale hou dus verband met osteoporose. Almal het dieselfde oorsaak, maar verskillende simptome.
Die grootste oorsaak is ’n te lae pH-vlak. As jou liggaam se pH-vlak laer as 7.35 is, sal dit iets alkalies soek om jou suurvlak mee te balanseer.
Ongelukkig is die grootste stoorplek vir kalsium in jou bene, en hierdie kalsium word dan deur die liggaam versprei en elders gestoor om die suurvlak te alkaliseer en normaliseer. Jou beendigtheid word dus verswak.
Die gestoorde kalsium verhard en vorm kristalle wat in jou gewrigte gaan sit en dan erge pyn en ongemak kan veroorsaak. Jou liggaam beskou die kristalle as indringers van buite en stuur dan chemikalieë en ekstra vog om die indringers te beveg – vandaar die swelling en ontsteking.
Verdere risikofaktore vir artritis en osteoporose:
- Familiegeskiedenis en bloedgroep. Sommige soorte artritis kom in gesinne voor – jy sal meer geneig wees om artritis te ontwikkel as jou ouers, broers of susters die siekte het. Mense met ’n A-bloedgroep moet vrugte, groente, tofu, seekos, kalkoen en volgraankos kies, maar eerder vleis vermy. Vir gewigsverlies is seekos, groente, pynappels, olyfolie en soja die beste, terwyl nierbone, asook suiwel-, koring- en mielieprodukte vermy moet word.
- Ouderdom. Artritis begin meestal van 40-jarige ouderdom af ontwikkel.
- Geslag. Vroue is meer geneig tot artritis as mans.
- Vorige gewrigsbeserings.
- Vetsug.
Vir meer inligting: Bel 012 546 8937, stuur ’n e-pos na schalk@starchoicemarketing.co.za of besoek www.facebook.com/immunadue
Immunadue is beskikbaar by alle gesondheidswinkels, apteke, Dis-Chem, Clicks, asook Takealot.