Is jou immuunstelsel gereed om jou hierdie winter te beskerm?

Het jy geweet dat jou immuunstelsel die liggaam se verdediging teen siektes is?

Elke persoon het drie tipes immuunsisteme, naamlik:

  1. Natuurlike immuunsisteem:  Jy word daarmee gebore  – byvoorbeeld soos jou vel wat virusse en bakterieë blok wat jou lyf probeer binnedring.
  2. Aanpasbare immuunsisteem: Dit ontwikkel indien jy blootgestel word aan, of ingeënt word teen sekere siektes. As die virus dan weer opduik het jy reeds die teenliggaampies om dit aan te val en dood te maak.
  3. Passiewe immuunsisteem: Dit word geleen van ‘n ander bron. ‘n Voorbeeld hier is moedersmelk wat aan ‘n baba teenliggaampies gee teen siektes wat die ma reeds gehad het.

‘n Immuunstimulant of -versterker soos Immunadue beskerm jou liggaam teen virusse en bakterieë en kan jou siektetydperk verkort met soveel as  vier dae!

Immunadue is Suid Afrika se gewilde natuurlike (kruie) aanvulling en is al vir meer as 18 jaar op die mark! Dit bevat geen chemiese middels nie en jy kan dus steeds al jou ander medikasie met ‘n geruste hart neem.

Die bestanddele in Immunadue is as volg:

·         Kankerbossie: Immuunversterker. Bevat gaba wat angstigheid verlig en slaap verbeter, pinitol wat insulienkurwes verbeter, en l-canafanien wat teen-kanker eienskappe het.

·         Afrika Wilde-Aartappel: Immuunversterker. Bevat rooperol wat ‘n sterk anti-oksidant is, plus B-sitosterol en sitosterol wat help teen cholesterol.

·         Bloubessie: Antioksidant. Bevat antosianiene wat anti-inflammatories is, en tanniene wat sig kan verbeter.

·         Barley Green (gars): Antioksidant. Verskaf vitamiene en minerale en balanseer jou pH vlak, bevat superoksieddismutasie ensieme wat veroudering van selle keer.

·         Alfalfa: Alkaliseerder. Verskaf vitamiene en minerale, bevat saponiene wat help met bestryding van cholesterol.

·         Aloe Vera (aalwyn): Anti-oksidant.  Verskaf vitamiene en aminosure, verwyder bakterieë en virusse.

·         Katklou: Immuunversterker. Anti-inflammatoriese eienskappe help om artritis pyn teen te werk, help ook met die herstel van DNA ná chemoterapie of ander beskadiging.

Gee jou liggaam hierdie winter die tikkie ekstra ondersteuning wat dit benodig…

Immunadue is beskikbaar by alle apteke, Dis-Chem, Clicks en Takealot teen ongeveer R145 vir 100 kapsules. Jy kan ook aanlyn koop deur HIER TE KLIEK.

error: Content is protected !!

This website uses cookies to improve your experience. We’ll assume you’re ok with this, but you can opt-out if you wish.